HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
WALLPAPERS GALLERY COMPETITIONS SUPPORTERS CLUB CHEETAH KIDZ
Cheetah Kidz
Cheetah Kidz

Cheetah Kidz, die nuwe opwindende program van FS Rugby bied aan kinders, ouderdom 6 -13,  geleentheid om kennis te maak met hul rugbyhelde. Kinders word in oefensessies afgerig om hul kennis,veiligheids- en rugbyvaardighede (geen kontak) te verbeter.

Onderskryf deur die FS Rugby Unie, een van die wêreld se beste provinsiale rugbyspanne en huidige Currie Beker Kampioene (2005, 2006).  Cheetah Kidz is die ideale platform om die passievolle rugbyondersteuner en ontwikkelende kind te ondersteun.

Kliek hier om foto's van die 2008 ABSA Currie Beker bekendstelling te sien.

Afrigting:

U as ouer kan verseker wees dat ons na elke kind sal omsien asof hy ons eie is. Elke 60 min oefensessie sluit in:

• Opwarming en verskeidenheid rugby-georienteerde speletjies.
• Bal-en rugbyvaardigheidsoefeninge.
• deurentyd word gefokus op reëls en veiligheidsaspekte van die spel.  

Hoogtepunte, onder andere, sluit in bywoning van ‘n Cheetah rugbyspeler (per geleentheid) by sessies, waartydens kinders  kan vrae rig en handtekeninge ontvang.

Wie doen dit?

Cheetah Kidz word behartig deur Chris Kruger, voormalige FS senter, en Ollie le Roux, FS, Springbok stut, asook ‘n afrigtingspan (bestaande uit provinsiale rugbyspelers). Hierdie program word dus aangebied deur huidige en voormalige FS rugbyspelers wat jare se kennis, rugbyvaardighede en ervaring het.

Waarom?

Cheetah kidz wil die rugbysterre/potensiaal van die toekoms identifiseer, terselfdetyd ‘n gestruktureerde program voorsien  wat  kinders se vaardighede en belangstelling in rugby ontwikkel op ‘n “entertaining” manier sodat hulle die ambisie ( trots ) en dissipline kan ervaar wat rugby so gewilde sport maak.

1. Maak voorsiening vir kinders om deel van die  Vodacom Vrystaat Cheetah spelers identifiserings sisteem te word.
2. Ontwikkel kwaliteit interaksie onder kinders.
3. Stimuleer ‘n algemene belangstelling in rugby - ontwikkel ‘n positiewe ingesteldheid teenoor sport.
4. Voed kinders op om hul spaartyd waardevol te benut.
5. Voorsien fyn beplande sisteem om kinders se vordering en ontwikkeling te monitor sodat elkeen sy persoonlike potensiaal kan bereik.
6. Gebruik van sport om “ spangees “ te bevorder en ontwikkel die bewustheid van hoe belangrik respek vir mekaar is.
7. Bevorder hoë standaard gedrag, kommunikasie en selfdissipline
8. Bevorder die spel rugby deur voorbereiding en motivering van kinders tot waar hulle in skoolspanne opgeneem word.
9. Kweek van ‘n lojale ondersteuningsbron vir die Vodacom Freestate Cheetahs, nie net in die kinders maar ook in hul ouers en afrigters.

Rugbyvaardigheids-sertifikaat

Doel van vaardigheidstoetse is om kinders die geleentheid te bied om die vaardighede wat hulle geleer het prakties toe te pas in ‘n semi-formele en vriendelike omgewing.

Pakket behels:

• Weeklikse 60 min afrigtingsessie
• Rugbyvaardigheids-sertifikaat
• Wedstryddag ervaring
• Cheetah Kidz  versamelstukke (collectables) met verloop van jaar
• Cheetah Kidz T-hemp
• Waterbottel
• Rugby bal
• Interaksie met Cheetah spelers

Teen slegs R150 ( BTW ingeluit ) per kalender maand, vooruit betaalbaar, vir  9 maande vanaf Februarie tot einde Oktober.

Termes en Voorwaardes

1. Maandelikse fooie is vooruitbetaalbaar voor of op die 3de dag van elke maand.
2. Die ooreenkoms kan deur ‘n party beeindig word deur (1) kalendermaand skriftelike kennisgewing.
3. Deelname aan die program kan weerhou/opgeskort word indien betaling nie betyds geskied nie.
4. Rente op alle uitstaande bedrae sal teen prima koers van Standard Bank ( SA), wat van tyd tot tyd geld, gehef word.
5. Deur ondertekening van hierdie inskrywingsvorm namens die deelnemer:

5.1 Bevestig u dat u die deelnemer se ouer en/of wettige voog is.
5.2 Aanvaar u die voorwaardes soos hierin uiteengesit.
5.3 Vrywaar u die FS Rugby Unie, Cheetah Kidz Sports Development CC CK 2004/076401/23, hul filiale, aandeelhouers, ledebelanghouers, werknemers, borge, agente en afrigters van enige eise wat mag voortspruit uit verliese, beserings en insidente van watter aard ookal, wat tot u en/of  die deelnemer se nadeel kan strek.

Betaling:

Verkieslik d.m.v debietorder.
Ander opsies is maandelikse tjek, maandeliks kontant of‘n eenmalige jaarlikse betaling.
 
Vul asb. vorm in op keursy en faks na 086 691 8572

Bank : Nedbank
Tak :
Takkode :
Rekening nommer :  117 1100 809
Rekening naam : Cheetah Kidz SportsDevelopment CC

Kontak besonderhede:

Inskrywing is essensieel - skryf nou in en sluit aan by Chris Kruger,Ollie le Roux en hul span vir hierdie nuwe opwindende ervaring.

Tel :  082 5527 486
Faks :  086 691 8572
Adres : Att Horak laan 15, Vodacom Park

AANDAG  MAATSKAPPYE

Wedstryddag en Transformasie borge

Cheetah Kidz bied aan besighede die geleentheid om ‘n wedstryddag by Vodacom Park te borg, asook minderbevoorregte groepe, deur hierdie program, vir ‘n jaar. Vir meer inligting en borgskap tariewe, bel Cheetah Kidz vandag.

Inskrywingsvorm

Vodacom Canterbury OFM Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Big Sky Windmill Casino Free State Sport Science Institute
Pharos Medical Plan Rosepark Hospital Mango
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster
© 2010 Free State Rugby Union