HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
Latest News
10/09/2010
Vodacom Vrystaat Cheetahs wil ramba saam met Kabamba
09/09/2010
Vodacom Free State Cheetah Teams
09/09/2010
Wen 'n Saterdag 'n Chevy Spark
09/09/2010
Vodacom Vrystaat Cheetahs wil Bulle se Hougaard keer
09/09/2010
GET THAT FAN AND WIN!
07/09/2010
Win a car on Saturday!
07/09/2010
Meet the Vodacom Free State Cheetahs
07/09/2010
CJ beskikbaar om VS se skrum te anker
07/09/2010
Mapoe-geveg draai wéér in hof
06/09/2010
04/09/2010
Griekwas teleurgesteld oor verbroude kanse
03/09/2010
Louis korrel akkuraat, wil nóg beter
31/08/2010
Vodacom Free State Cheetahs Team to take on Griquas in KBY
31/08/2010
Vrystaat sal drieëvraat van bure dophou – Naka
30/08/2010
Koop nou jou kaartjie vir die naweek se aksie!
27/08/2010
Cheetahs in need of a win
26/08/2010
Brüssow reg vir Super 15-reeks
25/08/2010
Springboks vs Wallabies in Bloemfontein
25/08/2010
VS kan leer by Haaie
25/08/2010
Brüssow weer onder mes
24/08/2010
Vodacom Free State Cheetahs Team Announced
Page 1 of 62 [1 2 3 4 5 6 7 8 9 10Next : Last
Vodacom Vrystaat Cheetahs wil ramba saam met Kabamba
10/09/2010
Vodacom Cheetahs

Hendrik Cronjé
Bloemfontein - Vir die Vodacom Vrystaat Cheetahs draai alles môre om sy losvoorspelers wanneer hy die Blou Bulle in ’n Absa Curriebeker-rugbywedstryd op Vodacompark pak.

Die Vodacom Vrystaat Cheetahs moet sonder Heinrich Brüssow, Juan Smith en Frans Viljoen klaarkom, maar met ’n tweedekeuse -lostrio wat twee Bokke, ’n Blitsbok en ’n derde Bok op die plaasver­vangersbank insluit, maak dit eenvoudig sin dat die tuisspan vandeesweek baie klem op die losstryd lê.

Boonop sal dit as groot aanmoediging vir die Vodacom Vrystaat Cheetahs dien dat Kabamba Floors in sy 100ste Absa Curriebeker-wedstryd speel en Hendro Scholtz na ’n afskeidsgeskenk op soek kan wees.

Die 29-jarige Floors sal die Vodacom Vrystaat Cheetahs in sy 73ste wedstryd verteenwoordig nadat hy voorheen 27 keer vir die Suidwestelike Distrikte uitgedraf het.

Die 31-jarige Scholtz se loopbaan begin nou vinnig einde se kant toe staan en Sport24 het betroubaar verneem dat dié jarelange staatmaker op die randjie is om ’n kontrak met ’n oorsese klubspan te sluit.

Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat dit vandag sy 96ste en laaste Absa Curriebeker-wedstryd in die Vrystaat-trui kan wees.

Scholtz is nog tot einde Oktober deur die Vodacom Vrystaat Cheetahs gekontrakteer en moet goedkeuring van die Cheetahs-direksie kry voordat hy vrygestel kan word.

Gelukkig is Scholtz en Floors ervare genoeg om te besef dat hul persoonlike doelwitte opsy geskuif moet word as hulle met die hulp van Ashley Johnson en die Blitsbok Philip van der Walt die afwesigheid van Ligblou-sterre soos Pierre Spies, Dewaldt Potgieter, Danie Rossouw en Deon Stegmann behoorlik wil uitbuit.

Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het juis gister erken hy is verlig dat Stegmann, ’n giftige en hoogs onderskatte baljagter, nie môre speel nie.

“Ek is bly dat Deon nie speel nie, aangesien hy ons baie probleme in ons wedstryd op Loftus gegee het voordat hy beseer is,” sê Drotské.

Die spel van sy losvoorspelers in die seges oor die Westelike Provinsie en Griekwas gee Drotské genoeg moed vir die losstryd teen die Bulle se grootliks onbeproefde kombinasie van Derick Kuün, CJ Stander en Gerrit-Jan van Velze. “Ons lostrio kombineer goed. Hendro en Philip speel vorentoe en Ashley val uitstekend terug. Philip het sy kans mooi aangegryp (in Smith se afwesigheid) en verdedig as ’n erkende baldraer weekliks beter,” sê Drotské.

Die Vodacom Vrystaat Cheetah-breier sê hy is ewe beïndruk met Johnson se goeie samespel met sy agterlyn.

Floors was al dikwels ’n doring in die vlees van die Blou Bulle en dit sal heel gepas wees as hy môre in sy 100ste wedstryd weer ’n impak kan maak wat die Vrystaters tot ’n tweede sege dié seisoen oor die Ligbloues kan aanspoor.
 

Volksblad
RSS Subscribe to News RSS
Vodacom Canterbury OFM Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Big Sky Windmill Casino Free State Sport Science Institute
Pharos Medical Plan Rosepark Hospital Mango
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster
© 2010 Free State Rugby Union