HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
Latest News
17/05/2010
Vodacom Cheetahs tem die Lions in 5de sege
17/05/2010
‘Super-Sarel’ een van vele Vodacom Cheetah-hoogtepunte
14/05/2010
Vodacom Cheetahs wil Vodacom Super 14 met oorwinning afsluit
14/05/2010
‘Ons gaan hul voor vát’
13/05/2010
Vodacom Cheetahs jag vyfde sege
12/05/2010
Bosman dalk nie betyds gereed vir Lions-stryd
12/05/2010
Lions net sterker as Cheetahs in natuur
11/05/2010
Vodacom Cheetahs verjaag dalk ‘spook’ met Vodacom Super 14-oplewing
10/05/2010
Nóú is Vodacom Cheetahs warm
08/05/2010
Skepdoel knak Vrystaat
07/05/2010
Vodacom Cheetahs-blits maak Bok-aanspraak
06/05/2010
Strydom korrel vir ’n miljoen
06/05/2010
Vodacom Cheetahs wil hardloop....vir eerste Super-sege oor Force
05/05/2010
Vodacom Cup final: Free State team
05/05/2010
Vodacom Cheetahs team vs Western Force
04/05/2010
Blitsbok se droomseisoen
04/05/2010
Carse versterk VS vir eindstryd
03/05/2010
Vodacom Cheetahs klop Blues 36-32
03/05/2010
Vodacom Super 14 wrap
03/05/2010
Juan beste ter wêreld in sy posisie, sê Vodacom Cheetahs-breier
03/05/2010
Vodacom Cheetahs puik, maar pragsege eis nóg twee
Page 6 of 62 [1 2 3 4 5 6 7 8 9 10Next : Last
Vodacom Vrystaat Cheetahs wil ramba saam met Kabamba
10/09/2010
Vodacom Cheetahs

Hendrik Cronjé
Bloemfontein - Vir die Vodacom Vrystaat Cheetahs draai alles môre om sy losvoorspelers wanneer hy die Blou Bulle in ’n Absa Curriebeker-rugbywedstryd op Vodacompark pak.

Die Vodacom Vrystaat Cheetahs moet sonder Heinrich Brüssow, Juan Smith en Frans Viljoen klaarkom, maar met ’n tweedekeuse -lostrio wat twee Bokke, ’n Blitsbok en ’n derde Bok op die plaasver­vangersbank insluit, maak dit eenvoudig sin dat die tuisspan vandeesweek baie klem op die losstryd lê.

Boonop sal dit as groot aanmoediging vir die Vodacom Vrystaat Cheetahs dien dat Kabamba Floors in sy 100ste Absa Curriebeker-wedstryd speel en Hendro Scholtz na ’n afskeidsgeskenk op soek kan wees.

Die 29-jarige Floors sal die Vodacom Vrystaat Cheetahs in sy 73ste wedstryd verteenwoordig nadat hy voorheen 27 keer vir die Suidwestelike Distrikte uitgedraf het.

Die 31-jarige Scholtz se loopbaan begin nou vinnig einde se kant toe staan en Sport24 het betroubaar verneem dat dié jarelange staatmaker op die randjie is om ’n kontrak met ’n oorsese klubspan te sluit.

Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat dit vandag sy 96ste en laaste Absa Curriebeker-wedstryd in die Vrystaat-trui kan wees.

Scholtz is nog tot einde Oktober deur die Vodacom Vrystaat Cheetahs gekontrakteer en moet goedkeuring van die Cheetahs-direksie kry voordat hy vrygestel kan word.

Gelukkig is Scholtz en Floors ervare genoeg om te besef dat hul persoonlike doelwitte opsy geskuif moet word as hulle met die hulp van Ashley Johnson en die Blitsbok Philip van der Walt die afwesigheid van Ligblou-sterre soos Pierre Spies, Dewaldt Potgieter, Danie Rossouw en Deon Stegmann behoorlik wil uitbuit.

Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het juis gister erken hy is verlig dat Stegmann, ’n giftige en hoogs onderskatte baljagter, nie môre speel nie.

“Ek is bly dat Deon nie speel nie, aangesien hy ons baie probleme in ons wedstryd op Loftus gegee het voordat hy beseer is,” sê Drotské.

Die spel van sy losvoorspelers in die seges oor die Westelike Provinsie en Griekwas gee Drotské genoeg moed vir die losstryd teen die Bulle se grootliks onbeproefde kombinasie van Derick Kuün, CJ Stander en Gerrit-Jan van Velze. “Ons lostrio kombineer goed. Hendro en Philip speel vorentoe en Ashley val uitstekend terug. Philip het sy kans mooi aangegryp (in Smith se afwesigheid) en verdedig as ’n erkende baldraer weekliks beter,” sê Drotské.

Die Vodacom Vrystaat Cheetah-breier sê hy is ewe beïndruk met Johnson se goeie samespel met sy agterlyn.

Floors was al dikwels ’n doring in die vlees van die Blou Bulle en dit sal heel gepas wees as hy môre in sy 100ste wedstryd weer ’n impak kan maak wat die Vrystaters tot ’n tweede sege dié seisoen oor die Ligbloues kan aanspoor.
 

Volksblad
RSS Subscribe to News RSS
Vodacom Canterbury OFM Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Big Sky Windmill Casino Free State Sport Science Institute
Pharos Medical Plan Rosepark Hospital Mango
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster
© 2010 Free State Rugby Union